Pippa se raad vir babapartytjies

Pippa


Pippa Middleton, die 29-jarige kleinsus van Brittanje se hertogin van Cambridge, Catherine, het ’n artikel vir die tydskrif Party Times geskryf met wenke vir ouers wat hul spruit se eerste verjaardag wil vier.

Een van haar juweeltjies is: “Speel kleuter- en partytjiemusiek op die agtergrond . . . of koekeloer is altyd ’n wenner.” Sy raai aan ouers moet die kamer met ballonne versier, want “babas is mal oor ballonne”.

In haar artikel gee sy ook die resep vir croustades, vingerhappies wat met hollandaise sous en pangebraaide pancetta gegarneer word, maar voeg by jy moet net twee vingerhappies per persoon maak “om koste te bespaar”.