Rob Louw oorwin nuwe vrees

rlouw


SOOS ’n koning wat pas gekroon is, sit en straal hy tussen sy pragtige kinders en vrou, rasend gelukkig, gesond en lus vir die lewe.

Dis die 55-jarige Rob Louw, ons gewilde Springbok-flank van die 80’s wat sy kankerdoodsvonnis wonderbaarlik oorleef het. En die feit dat ’n klein stukkie kanker onlangs weer van sy dunderm verwyder is, demp geensins sy lewensvreugde nie.

Hy is klaar weer ’n bielie op sy bergfiets en so bedrywig op sy branderplank dat sy vier kinders, Roxy (23), Misty (21), Shahnee (20) en Robbie (18), skaars kan byhou – dieselfde kinders wat twee maande voor Kersfees 2009 gevrees het hulle gaan hul pa verloor.

Die afgelope Kersfees was wel nie heeltemal kommervry nie. Toe Rob vir sy driemaandelikse skandering gaan, het hulle ’n groeisel aan sy dunderm ontdek en binne ure was hy weer in die operasiesaal.

Maar ook hieroor is hierdie kanniedood positief, en hy vertel hoe daar goeie nuus by die slegte nuus was.

Lees die volledige artikel in die Huisgenoot van 3 Februarie 2011