Aktrise Franci tuis in enige rol

franci


Vlooi, Pampoen en Oliver groet soos ’n blaffende orkes by Franci Swanepoel se huis in Auckland Park.

“Dis my kinders dié,” vertel die aktrise trots. By haar en haar man, Max Baer, ’n advokaat, se huis speel sy ma vir dié drie, maar op die kassie is sy ewe tuis in die rol van die talentvolle tiener Kayla Venter se ma, Monja, in die nuwe kykNet-reeks Liefste Kayla.

Franci (40) sal in April ook as ’n ma te sien wees, dié keer in die fliek Lien Se Lankstaanskoene.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.