Boer Jasper maak die knieë lam

boer


Doer op die dorre Noord-Kaapse vlaktes net duskant Hondeklipbaai maak dit nie meer saak dat vanjaar se kleurryke veldblommetjies al verlep het nie.

Dis  immers hier waar Jasper woon…

Dié aantreklike boer laat ’n mens skoon vergeet van die slegte grondpad na sy huis op die plaas Avontuur in Namakwaland, ’n pad so rof, dit sal die waarheid uit jou skud.

Dis hy wat die meeste bewonderaarsbriewe in die huidige seisoen van kykNET se werklikheidsreeks Boer Soek ’n Vrou gekry het.

En sien jy daardie blou kykers, opregte, breë glimlag en grys slape, verstaan jy hoekom.

Lees meer in die nuutste uitgawe.