Eksklusief: Joost kry sy droomvakansie

Untitled-1


Hierdie eiland met sy palmbome, wit strande en turkooisblou see hou vir Joost van der Westhuizen mooi herinneringe in, want daar het hy en Amor wittebrood gehou en later saam met hul kinders in die branders baljaar.

Maar dit was voor hul huweliksgeluk aan skerwe gespat en motorneuronsiekte (MNS) hom begin aftakel het.

Die gedagte het by hom bly spook: Sal hy lank genoeg lewe om weer sulke onvergeetlike tye saam met Jordan (amper 9) en Kylie (6) deur te bring?

’n Byna onmoontlike droom het pas vir hom waar geword, want in Desember het die oud-Bokkaptein, sy vervreemde vrou,  die sangeres Amor Vittone, en hul kinders weer saam op Mauritius vakansie gehou soos in die goeie ou dae.

Lees meer in die nuutste uitgawe wat nou op die winkelrakke beskikbaar is.