Gebakte vis

fish


Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute
Genoeg vir 6 mense

25 g botter
1 ui, fyn gekap
3 knoffelhuisies
600 g aartappels, geskil en in blokkies gesny
410 g (1 blik) gekapte tamaties
250 ml (1 k) hoenderaftreksel
200 g ontpitte olywe
1 kg stokvis, in blokkies gesny
’n handvol koljander, gekap

1.       Voorverhit die oond tot 180 ⁰C. Smelt die botter in ’n groot braaipan oor medium hitte. Kook die ui 5 minute, voeg die knoffel en aartappels by en meng goed met die ui.

2.       Roer die tamaties in en gooi die aftreksel en olywe oor. Plaas dit in die oond vir 20 minute of tot die aartappels gaar is.

3.       Sit die vis ook in die braaipan en skep van die vloeistof oor. Plaas dit vir nog 10 minute in die oond. Bestrooi met koljander en sit voor.

- Hope Malau