Geurige visbraai

Spicy-fish-braai


Minder as 1 uur
Bedien: 4

Hoofbestanddeel:
Vis en seekos

Bestanddele
Hoofbestanddele

30 ml no name appelkooskonfyt
1 knoffelhuisie, fyngekap
15 ml gemmer, gerasper
1 rissie, met die sade verwyder en fyngekap
30 ml PnP olyfolie
800 g stokvis filette
1 knippie gemaalde sout en peper
1 suurlemoen, in kwarte gesny

Metode
Meng die konfyt, knoffel, gemmer, rissie en olie saam.

Maak snye in die stokvis filette en verf met die konfytmengsel.

Voeg sout en peper na smaak by en braai oor medium kole tot goudbruin en gaar.

Bedien saam met ’n stukkie suurlemoen, slaai en vars brood.

Nog goeie idees
Die konfytmarinade werk ook goed saam met vars snoek.

Vervang die appelkooskonfyt met vrugte blatjang.

KLIK HIER vir nog resepte van PicknPay.