Is Kris Jenner se huwelik op die rotse?

Krisjenner


Kris Jenner se huwelik is glo verby.

Die matriarg van die Kardashian-gesin se verhouding met haar man, Bruce, wankel. Daar word gesê dat die egpaar, wat glo al “maande uitmekaar is”, jare gelede laas seks gehad het.

’n Ingeligde het aan die tydskrif In Touch gesê: “Hulle het al lank probleme en is al maande uitmekaar.

“Hulle het in jare nie bymekaargeslaap nie het het nou omtrent net ’n sakeverhouding. Hul huwelik is verby.”

Die aanbieder van die geselsprogram Kris is onlangs sonder haar trouring opgemerk, maar daar word beweer dat sy probeer verhoed het dat foto’s van haar sonder die ring openbaar gemaak word.

Die bron het bygevoeg: “Daar was ook bemarkingsvideo’s vir haar program wat nie goedgekeur is nie omdat sy besef het dat sy nie haar ring daarin gedra het nie. Sy het seker gemaak dat hulle nooit gewys word nie.”

Daar word gesê dat Bruce, ’n gewese baan-en-veldatleet, moeg is vir sy vrou se roemsugtige “manewales” en voel dat dit hom “belaglik” laat lyk.

’n Ingeligte beweer: “Hy is siek vir die Kardashian-masjien en Kris se manewales. Hy weet sy laat hom belaglik lyk.

“Dis ’n man wat die beste Amerikaanse atleet van alle tye genoem is. Maar hy is nou so afgebreek. Dis asof Kris die lewe uit hom gesuig het.”