Juanita bankvas agter kinders se drome

juanita


Sy het pas haar 14de album uitgereik en het ’n nuwe rekord agter haar naam: die eerste Suid-Afrikaanse vrouekunstenaar met verkope van altesaam 2 miljoen albums – CD’s en DVD’s.

Maar met die koms van die nuwe jaar is daar vir Juanita du Plessis saam met die soet ’n tikkie suur: Haar en haar man, Doepie, se jongstes, die 18-jarige tweeling Mario en Franja, is klaar met skool.

En nes ouboet Ruan (22) gaan hulle hul eie koers inslaan. “Dis hartseer, moeilik en baie erg om te dink hulle het so skielik grootgeword,” sê Juanita en kyk liefdevol na die drie.

Lees meer in die 3 Januarie-uitgawe van Huisgenoot.