‘n Seuntjie vir Diaan & Jody

diaan-1024x716


Diaan Lawrenson en Jody Abrahams het Dinsdag 12 Februarie ‘n seuntjie ryker geword. Die jongste toevoeging tot die gesin is deur middel van ‘n keisersnee gebore en dit gaan baie goed met ma en seun.

Natuurlik met pa ook. ‘n Man moet senuwees van staal hê vir dié soort trauma!

Olivia-Rose is baie opgewonde oor haar nuwe boetie en is al klaar die perfekte voorbeeld van ‘n ousus, sê Diaan trots.

Baie, baie geluk Diaan en Jody. Mag hy julle net vreugde bring julle hele lewe lank.

En aan kleinboet: welkom in die wêreld, Meneer Thomas James Abrahams!