Natalie du Toit maak haar hart oop

nats


Eers is dit die motiveringspreker aan die woord, die Natalie du Toit wat mense dink hulle ken, die Paralimpiese kampioen wat ’n lewende bewys is dat enigiets moontlik is.

“Ek het alles bereik wat ek wou, daar’s niks meer nie; dis tyd vir iemand nuuts,” sê sy oor haar besluit om ná vanjaar se Paralimpiese Spele uit te tree.

Maar later, sonder waarskuwing, sonder eens ’n huiwering, kom die bekentenis: “Almal dink ek’s ’n baie positiewe mens. Eintlik is ek nie.

“Eintlik is ek besig om hier binne dood te gaan.” Net so, asof sy dit eenvoudig nie langer kon inhou nie. Toe lag sy dit weg.

Lees meer in die nuutste uitgawe.