Oscar Pistorius skiet glo vriendin dood

2012 Virgin Active Sports Industry Awards


Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het glo sy vriendin van die afgelope jaar na bewering in sy huis in Silver Lakes, Pretoria, doodgeskiet, berig Beeld.

Volgens die koerant het Pistorius glo gedink sy is ‘n inbreker.

Die voorval het omstreeks 04:00 plaasgevind.

Kapt. Sarah Mcira van die polisie het bevestig Pistorius se vriendin is in die arm en die kop geskiet.

Sy is op die toneel dood.

Bron: Beeld.