Pa Dieter se Lolla

dieter4


In Dieter (33) en sy sangeresvrou se tweeslaapkamerwoonstel in Bellville, Kaapstad, kan jy sien wie slaan die kitaar sedert hul eersteling se geboorte in Februarie.

Toe Mijean die eerste keer ná haar geboorte in die hospitaal huil, was dit haar pa wat haar gesus het.

“Ek het altyd met haar gepraat toe sy nog in haar mamma se maag was en toe ek vir haar sê sy moenie huil nie, het sy dadelik kalmeer,” vertel hy trots.

“Mijean is met ’n keisersnee in die lewe gebring en moes daarna twee uur in ’n broeikas bly. Toe hulle haar wegvat, het ek saam met die verpleegsters gestap om seker te maak sy word nie met ’n ander baba omgeruil nie,” vertel hy.

“My hele lewe het verander toe ek haar handjie vashou daar in die broeikas. Die trane het net oor my wange begin loop.”

Huisgenoot se Lara Atson het by die Voigt-gesin gaan inloer. Lees meer in Huisgenoot 2 Augustus 2012.

Volg Huisgenoot op Twitter.