Peri-peri hoenderstukke

Peri-peri-chicken-portions


Meer as 2 ure
Bedien: 4

Hoofbestanddeel: 
Hoender

Bestanddele
Marinade:

2 knoffelhuisies, geskil
5 ml peri-peri speserye
10 ml paprika
2 eetlepels grof gemaalde sout en peper
¼ koppie PnP suurlemoensap
45 ml PnP olyfolie
1 braaipak hoender

Metode
Meng die marinade bestanddele in ’n stamper en vysel totdat ’n dik pasta vorm.

Smeer die marinade oor die hoenderstukke en laat dit vir 2 – 3 ure of oornag staan.

Braai oor medium kole totdat die hoender goudbruin en heeltemal gaar is.

Bedien met slaai en suurlemoen wiggies.

KLIK HIER vir meer resepte van PicknPay.