Plaaslike sepie saai laaste episode uit

palJas


Op die kassie vanaand:

19:00 The Wild (M-Net): Al die drama, aksie en intrige bereik vanaand ’n hoogtepunt in die onmisbare slotafelwering van dié Suid-Afrikaanse sepie. Al die hoofkarakters moet hul demone pak en hul donkerste geheime trotseer.

20:00 Revenge (M-Net): ’n Geldinsameling en wynveiling is die perfekte dekmantel vir Emily en Aiden se konkelry. Terselfdertyd beplan Victoria heimlik haar volgende skuif.

20:00 Paljas (kykNET): Paljas vertel die verhaal van ’n spoorwegwerker en sy gesin op ’n afgeleë Karoostasie wie se lewe onherroeplik verander toe die sirkus daar aankom.

22:05 The Mentalist (SABC 3): ’n Juwelierswinkel-eienaar se nuwe man word ernstig beseer tydens ’n rooftog.

*Alle inligting oor uitsaaitye, programtitels en -beskrywings was reg teen saktyd. Die inligting word van die skakelafdeling en publisiteitspan verkry en word in goeie trou gepubliseer.