Riaan Cruywagen praat oor sy aftrede

riaan


Eers skuif-skuif hy in sy stoel, kry behoorlik sy nuuslees-sit, dan trek hy in een van die bekendste stemme in Suid-Afrika
los, in daardie woordeboek-Afrikaans: “Goeienaand uit die nuuskantoor.”

Riaan Cruywagen lees oor die vonnis van Breyten Breytenbach, die Bosoorlog en mnr. PW Botha, hoof van die weermag.

Dis die nuusbulletin van 26 November 1975, die eerste aand dat hy TV-nuus lees.

Nostalgiese siel wat hy is, het hy al die jare die teks gehou en nou lees hy dit weer, sommer vir ons, sommer vir die sports, kompleet asof op TV.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot.