Riaan gee hoop op sy ekspedisie

Riaan Day 4 Journey of Hope Swellendam to Albertinia

Ons hou jul op hoogte van die avonturier, Riaan Manser, se Add Hope-ekspedisie waartydens hy die woord “hoop”uitspel op ‘n fiets regoor Suid-Afrika.

Riaan pak hierdie uitdaging aan deur slegs met die minimum kalorieë klaar tekom. Sy veldtog plaas die kollig op honger en armoede in Suid-Afrika en die positiewe impak wat KFC se Add Hope-projek het.

Riaan sal vandag (19 September) ‘n draai maak by George se KFC in Yorkstraat en op 21 September sal hy draai by die Newton Park KFC in Port Elizabeth.

Só lyk die statistiek op hierdie oomblik:

KM: 471 KM’s van die 4100KM is reeds voltooi

Riaan se gemiddelde hartklop: 129 BPM

Riaan se gemiddelde spoed: 12.6 KM/H

Gewig: 96.2 KG vanaf 98.9 KG

Afstand wat Riaan op Dag 5 gery het: 100KM

Geld ingesamel vir Add Hope: R9 132 263 sedert 1 Desember 2011 tot op hede.

Volg Riaan op Twitter en Facebook.

Video-dagboek vir dag 1:

Video-dagboek vir dag 2:

Video-dagboek vir dag 3:

Video-dagboek vir dag 4:

Powered by Facebook Comments