Tempo 2013 – hier’s al die wenners!

tempoweb-300x225


Afrikaans se uitblinkers het geskitter op die Huisgenoot-Tempo-toekenningsaand in Gold Reef City, Gauteng, waartydens die jaarlikse Tempo-wenners aangewys is. Altesame 116 000 van ons lesers het gestem in hul gunsteling-kategorieë, terwyl talle nuwe kategorieë vir groot opwinding gesorg het.

In die nuwe kategorieë was dié van Beste Aanbieder van die Jaar die gewildste. Pieter Koen het hier gewen as aanbieder van die program Jukebox op kykNET.

Spesiale toekennings is ook vir die eerste keer oorhandig, waaronder die Huisgenoot-Tempo vir Uitnemendheid in Afrikaans wat aan die skrywer Deon Meyer toegeken is, terwyl Joost van der Westhuizen vereer is as Persoonlikheid van die Jaar.

Izelle Venter, hoofredakteur van Huisgenoot, sê vanjaar is die Tempo’s nog groter om die hele Afrikaanse leefwêreld in te sluit. “Dis darem lekker om al ons talent so op een lys te sien. En dit het ons hier by Huisgenoot sommer van voor af trots Afrikaans en Suid-Afrikaans laat voel. Dis deels hoekom ons die Tempo’s uitdeel – om vir ons sterre te wys hoe ons hulle waardeer. En veral dankie aan ons lesers, sonder wie ons en die sterre baie swaar sou kry.”

“Lesers het met hul stemme gewys hulle hou van die vernuwing” sê Wicus Pretorius, adjunkredakteur van Huisgenoot en die Tempo’s se projekbestuurder. “Een ding is seker: die Tempo-toekennings, en die entoesiasme waarmee mense daaraan deelneem, wys Afrikaans-wees raak net lekkerder.”

Die wenners is:

Alternatiewe Album van die Jaar
Die Heuwels Fantasties – Alles Wat Mal Is

Gospelalbum van die Jaar
Louis Brittz – Psalms 2

Instrumentale Album van die Jaar
Sterling EQ – Pulse

Kinderalbum van die Jaar
Carike Keuzenkamp – Carike en Ghoempie Kuier Saam met GhoeGhoe in Bybelland (Kinderland 9)

Kontemporêre Album van die Jaar
Bobby van Jaarsveld – Wat Geld Nie Kan Koop Nie

Pop/Sokkiedansalbum van die Jaar
Juanita du Plessis – Jy Voltooi My

Liedjie van die Jaar (kunstenaar)
Bobby van Jaarsveld – ’n Vrou Wil Dit Hoor

Liedjie van die Jaar (skrywer)
Johan Vorster  – ’n Vrou Wil Dit Hoor

Musiekvideo van die Jaar
Bobby van Jaarsveld – ’n Vrou Wil Dit Hoor

Nuweling van die Jaar
Dewald Wasserfall – Vergeet Wat Jy Weet Van Liefde

Aanbieder van die Jaar
Pieter Koen – Jukebox

Afrikaanse Leesboek van die Jaar
Marita van der Vyver – Die Blou van Onthou

Afrikaanse Rolprent van die Jaar
Pretville

Akteur van die Jaar: Afrikaanse Rolprent, TV-drama, Sitkom
Dawid Minnaar – Die Wonderwerker

Sepie-akteur van die Jaar
Christo Davids – 7de Laan

Radio-aanbieder van die Jaar
Martelize Brink – RSG

Sepie van die Jaar
7de Laan

TV-reeks van die Jaar: Aktualiteit, Speletjies, Werklikheid
Kokkedoor

Aktrise van die Jaar: Afrikaanse Rolprent, TV-drama, Sitkom
Elize Cawood – Die Wonderwerker

Sepie-aktrise van die Jaar
Sorina Erasmus (Die Flooze) – 7de Laan

TV-reeks van die Jaar (drama, sitkom)
Erfsondes

Huisgenoot-Tempo vir Uitnemendheid in Afrikaans
Deon Meyer

Persoonlikheid van die Jaar
Joost van der Westhuizen

Topverkoper van die Jaar: Man
Theuns Jordaan – Roeper

Topverkoper van die Jaar: Vrou
Juanita du Plessis – Jy Voltooi My

Topverkoper-DVD van die jaar
Juanita du Plessis en Theuns Jordaan – Hart Vol Drome