Bieradvertensie inspireer sakeman

vuyo


Op hoërskool het hy teen sy klerekasdeur ’n tydlyn vir sy doelwitte neergeskryf: die jaar dat hy matriek sal behaal, die jaar dat hy sy eerste motor sal besit en die jaar dat hy sy eerste miljoen sal maak.

Dis twee dekades later en Miles Kubheka het al dié doelwitte bereik, maar nog is dit nie die einde nie.

Die 37-jarige entrepreneur moes eintlik destyds ’n vierde datum teen sy kas geskryf het: die jaar dat ’n TV-advertensie hom sou aanspoor om ’n restaurant oop te maak.

Lees meer in die 14 Januarie-uitgawe van Huisgenoot.