Handhaaf orde tuis

123


Om georganiseerd te wees is aangeleerde gedrag. As ouers georganiseerd is, sal hul kinders so grootword, verduidelik Harriet Marshall, ’n beroepsorganiseerder en produktiwiteitskonsultant van Get Organised.

Hier is haar wenke:

# Werk streng volgens ’n weeklikse bloudruk.

# Pak jou kinders se skooltas en kosblik die vorige aand.

# Los tasse, skootrekenaars, kosblikke en handsakke die vorige aand by die deur sodat jy nie die volgende oggend rondskarrel of iets vergeet nie.

# Kry ’n deursigtige houer waarin speelgoed of ander rondlê-goed vinnig gepak en gebêre kan word sodat dit later gesorteer kan word.

# Merk items en bêre dit op dieselfde plek sodat jy nie tyd mors om dit te soek nie.

# Organiseer klerekaste met sokkies, skoene en onderklere in aparte rakke. As jou kinders nog nie kan lees nie, merk die rak met ’n prentjie en leer hulle kleintyd om goed weg te pak.

(Huisgenoot, 20 Februarie, Bl. 20)

Volg Huisgenoot op Twitter.