Is jou kind veilig by die skoolkamp?



Jou kind vertrek vir die naweek met ’n skoolkamp of op ’n sporttoer. Jy is gerus, want die onderwysers hou mos toesig.

En as ouer kan jy jou kind tog aan niemand beters of verantwoordelikers toevertrou nie, nie waar nie?

Dis wat ’n pa en ma van Kaapstad waarskynlik gedink het toe hul 16-jarige seun saam met die eerste span van die Hoërskool Edgemead na ’n rugbykamp aan die Weskus vertrek.

Maar toe ontaard dit na bewering in ’n nagmerrie vir die seun én sy ouers…