My einde, haar begin



Op die oog af is sy ’n sorgelose vierjarige. Maar tussen die gewoel deur merk jy op Dominique du Toit van Sedgefield in die Suid-Kaap hinkepink so effe na links.

Ook dat sy sukkel om haar fietsie op te tel. Daarby hang die linkerkant van haar mondjie wanneer sy glimlag.

Breinkanker is verlede jaar by Dominique gediagnoseer en oupa Bennie veg teen prostaatkanker wat al na sy lewer, niere en pancreas versprei het.

Hy’t vrede gemaak met sy naderende dood, maar is nog lank nie gereed om tou op te gooi oor Dominique nie. Daarom het hy nou al sy besittings in die mark gesit sodat sy blonde kleindogter sommer nog lank kan lewe.

Lees Pieter van Zyl se roerende artikel in Huisgenoot, 12 April 2012.