‘n Nuwe reis vir Pippie

pippie5


Ná 185 dae in die hospitaal het daar nou ‘n nuwe hoofstuk in Pippie se lewe aangebreek – met haar oorplasing na ‘n rehabilitasiekliniek in Auckland Park.

’n Skare drom saam om die ambulans waarin Pippie versigtig gelaai word. Trane word afgevee oor die wonderkind wat enkele ure ná die ongeluk net ’n 10 persent kans op oorlewing gegun is. Dan loei die sirenes en sy is weg, oppad na die rehabilitasiekliniek.

Dis nou skof twee vir die meisietjie wat Suid-Afrika se verbeelding aangegryp het. Hier begin haar lang pad na ’n nuwe lewe. Hier sal Pippie weer leer hoe om ’n kind te wees.

Pippie se herstel kan nog jare duur. “Wanneer jy met pasiënte werk wat so erg gebrand is, is dit baie moeilik om te voorspel hoe lank dit kan neem,” sê ’n fisioterapeut van die span wat Pippie behandel.

Lees Danél Blaauw se artikel oor wat op dié dapper klein meisietjie wag oor die volgende maande en jare in Huisgenoot, 19 Julie 2012.

Volg Huisgenoot op Twitter.