Nog ’n kanaal vir Afrikaanse musiek

kykNET Musiek logo (wit) channel 146 DStv


Musiekliefhebbers kan uitsien na nóg meer lugtyd vir hul gunsteling Afrikaanse musiekvideos wanneer kykNET Musiek op Dinsdag 13 November begin uitsaai op kanaal 146.

Bestaande musiekkaneel MK sal bly voortbestaan en steeds fokus op die jeugmark, terwyl kykNet Musiek gemik gaan wees op die populêre Afrikaanse musiekmark.

Dié kanaal kom kort op die hakke van kykNET se nuwe ontbytprogram Dagbreek wat op 5 November net in Afrikaans begin uitsaai.

Lees meer hier.