TV-Gids: 1 April

nataniel2


Wat is vanaand op die kassie?

18:00 2 Broke Girls (M-Net):  Max is verbaas om uit te vind waar Deke bly. Intussen is Caroline bekommerd oor die vreemde motor wat heeltyd voor hul woonstelgebou stilhou.

18:00 Villa Rosa (KykNET):  Anthony bly ontroosbaar ten spyte van Fran en Fritz se raad en ondersteuning. Hy sonder homself af en wil met niemand praat nie. Fritz en Stef bevind hulself in ’n moeilike situasie met Astrid.

18:30 7de Laan (SABC 2):  Emma onthou die oorsaak van haar nagmerries. Daar is blydskap in die Meintjies-huis wanneer ‘n bekende gesig onverwags opdaag.

18:30 Binneland (KykNET): Morné en Emil se kattekwaad jaag Wimpie en Naomi die harnas in. Tertius moet At se woede trotseer wanneer hy ontdek Daleen is weg. Jan probeer sy bes om Louisa op te beur.

19:30 Die Nataniël Tafel (KykNET): ‘Uit ’n boek’ is gewoonlik ’n verwysing na iets ongewoons en meesterliks, maar kan ook verwys na resepte uit argiewe of selfs moderne kookboeke. Nataniël skep meesterdisse wat beslis ‘uit ’n boek’ is.

19:30 How I Met Your Mother (e-TV): Barney skep sy eie “Desperaatheidsdag” ter ere aan verskriklik eensaam vroue regoor die wêreld. Intussen is Marshall verras deur ’n onverwagse besoek en Robin kry vir haar nuwe vriendinne.

20:00 Fanie Fourie’s Lobola (KykNET): Komplikasies ontstaan wanneer ’n Afrikaanse man en Zoeloe-meisie op mekaar verlief raak. Die tradisionele gebruik om lobola vir die bruid te moet betaal, vererger sake.

 

Deel met ons: stuur vir ons 'n e-pos by web@huisgenoot.com, of gesels saam op Facebook of Twitter.