Kos vir jou hart

ADVERTENSIE | FLORA PRO.ACTIV

SONJA KOS 14 JAN

Gekrummelde stokvis

  • 500 g (of 4) dik stokvisfilette (of enige ferm witvisfilette)
  • sap en skil van 1 suurlemoen Bvisspeserye na smaak
  • 45 ml (3 e) ge­rasperde parmesaankaas
  • 4 Pro-Vita- beskuitjies, gekrummel
  • 30 ml (2 e) Flora pro.activ, gesmelt
  • 30 ml (2 e) pietersielie, gekap
  • Voorverhit die oond tot 200 °C.

Geur die stokvisfilette met die suurlemoensap en -skil en vis­speserye. Plaas die stokvisfilette op ’n gesmeerde bakplaat. Meng die par­mesaan­kaas, beskuitjiekrummels en gesmelte margarien en sprinkel dit oor die vis. Plaas die filette in die oond en verlaag die temperatuur tot 180 °C. Rooster die vis 10-15 min (na gelang van hoe dik die filette is) tot dit gaar en die be­skuitjielaag bros is. Sprinkel die pietersielie oor en sit voor saam met kapok­aartappels en ’n groenslaai of groen gestoomde groente.

 

SONJA KOS 14 JAN

Hoendersosatie-tortillas

  • Marinade 125 ml (½ k) koljander, gekap
  • 125 ml (½ k) mentblare, gekap knoffel­huisies, gekneus
  • 1 rooi brand­rissie, gekap
  • 1 duimgrootte stuk gemmer, gerasper Bsap en gerasperde skil van 1 suurlemoen
  • sout en peper
  • olyfolie sosaties 500 g ontbeende hoenderborsies, in 2-3 cm-blokkies gesny
  • 4 murgpampoentjies, in linte gesny
  • ½ pyn­appel, in skywe gesny B4 tortillas
  • 20 ml (4 t) Flora pro.activ
  • tzatziki en tamatiesalsa

Marinade Stamp die marinadebestanddele in ’n vysel fyn. Maak die marinade vloeibaarder met die olyfolie. Sosaties Marineer die hoender sowat 1 uur in die yskas. Ryg die murgpampoen, hoender en pynappel aan stokkies en rooster oor matige kole tot gaar. Smeer die tortillas met die margarien. Sit die hoender saam met die tortillas, tzatziki en tamatiesalsa voor.

SONJA KOS 14 JAN

Hoender-Panzanellaslaai

  • 4 hoenderborsies
  • olyfolie
  • sout en peper
  • 4 dik snye dag oue ciabatta
  • 20 ml (4 t) Flora pro.activ
  • ½ komkommer, in blokkies gesny
  • 400 g kersie­tamaties, gehalveer
  • 4 ryp Roma-tamaties, in blokkies gesny
  • 1 elk geel en rooi soetrissie, gerooster en in repies gesny
  • 1 rooi-ui, in skyfies gesny
  • 50 ml geroosterde amandels, gekap
  • 12 swart olywe, gehalveer en ontpit
  • ’n hand vol basilie­blare, geskeur
  • 1 x 410 g-blik bruinlensies

Slaaisous

  • 45 ml (3 e) olyfolie
  • 30 ml (2 e) rooiwynasyn
  • sout en swartpeper
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • skil van 1 suur­lemoen, gerasper

Verhit die oond tot 200 °C.

Kap die hoender platter, verf met die olie en geur met die sout en peper. Braai sowat 3 min tot gaar. Skeur die hoender in kleiner stukkies. Smeer die brood met die Flora en sny dit in blokkies. Plaas dit op ’n bakplaat en rooster tot goudbruin en bros. Meng die res van die bestanddele behalwe die lensies. Slaaisous Skud al die bestanddele saam in ’n toeskroeffles. Voeg die hoender, lensies en brood by die slaaibestanddele en sprinkel die slaaisous oor. Geur en sit voor.

SONJA KOS 14 JAN

Maalvleiskoekies

  • 500 g maer beesmaalvleis
  • 80 ml (1/3 k) rou hawermout
  • 1 ui, gerasper
  • 1 Granny Smith-appel, gerasper
  • 60 ml (¼ k) pietersielie, gekap
  • 1 eier, geklits
  • 15 ml (1 e) tamatiepuree
  • 20 ml (4 t) balsemieke asyn
  • 20 ml (4 t) worcestersous
  • sout en swartpeper Bolyfolie
  • 4 volgraanhamburgerrolletjies
  • 10 ml (2 t) Flora pro.activ

Meng die vleis, hawermout, ui, appel en pietersielie deeglik met ’n groot vurk. Voeg die eier, puree, asyn, worcestersous, sout en peper by. Vorm maalvleiskoekies. Verhit ’n bietjie olyf­olie en Flora in ’n kleefwerende braaipan en braai die maalvleiskoekies oor matige hitte tot goudbruin en gaar. Smeer die rolletjies met die Flora pro.activ en sit voor saam met slaai, tamatie, agurkies en uie.

SONJA KOS 14 JAN

Salmspaghetti met groente

  • 125 g gewone broccoli of broccolini
  • 125 g jong, dun groenbone of aspersies
  • 125g ertjies
  • 10 ml (2 t) Flora pro.activ
  • 5 ml (1 t) olyf­olie 1 x 200 g-salmfilet
  • 400 g volgraanspaghetti
  • roketblare vir voorsit

Blansjeer die groente in kokende soutwater tot al dente en dreineer. Roer die Flora pro.activ deur die groente en laat eenkant staan. Verhit die olyfolie in ’n braaipan en braai die salm sowat 5 min met die velkant na onder. Plaas die deksel op en stoom die vis nog ’n paar minute tot ligpienk. Vlok die salm. Kook die spaghetti tot gaar. Meng die salm en groente deur die warm pasta, garneer met die roketblare en sit voor.

Deel met ons: stuur vir ons 'n e-pos by web@huisgenoot.com, of gesels saam op Facebook of Twitter.