China – ’n ervaring van ’n leeftyd (11 dae/8 nagte)

china6


China het ‘n spesiale plek in die verbeelding en is kurator van een van die wêreld se oudste beskawings. Hierdie land bied die reisiger boeiende geskiedenis, pragtige landskappe en ‘n ryk kultuur – vanaf raserige stede wat borrel met energie tot afgeleë dorpies waar jy ‘n speld kan hoor val. Ons toer bring jou by plekke wat jy nog net gesien het in foto’s: die Groot Muur, die Verbode Stad, die “Terracotta Warriors” en die pragtige argitektuur van Shanghai.

Hierdie toer het ‘n gemaklike tempo – dus ideaal indien dit jou eerste besoek aan China is.

REISPROGRAM
Dag 1                                                  Johannesburg/Hongkong
Dag 2                                                  Hongkong/Shanghai
Dag 3                                                  Shanghai/Zhujiajiao
Dag 4                                                  Shanghai
Dag 5                                                  Shanghai/Xian
Dag 6                                                  Xian
Dag 7                                                  Xian/Beijing
Dag 8                                                  Beijing
Dag 9                                                  Beijing
Dag 10                                                Beijing/Hongkong/Johannesburg
Dag 11                                               Johannesburg

VERTREKDATUMS
Mei en September 2015:  Vanaf R34 605 per persoon wat ’n kamer vir twee deel  (R40 230 per enkelkamer)
Ander vertrekdatums: Vanaf R 30 750 per persoon wat ’n kamer vir twee deel (R36 375 per enkelkamer)

Ingesluit by die prys:
•    Vliegtuigkaartjie, Ekonomiese klas, vanaf Johannesburg, met Cathay Pacific
•    Binnelandese vlugte in China, soos op die reisplan aangedui
•    Akkommodasie vir 8 nagte in 3- tot 4-ster-hotelle, afhangend van die streek
•    Alle maaltye soos op die reisplan aangedui  B = Breakfast/ontbyt, L = Lunch/middagete, D = Dinner/aandete
•    Alle vervoer, dagtoere en toegangsgelde soos op die reisplan aangedui
•    Vermaak saans soos op die reisplan gespesifiseer
•    Nasionale toergids, wat Engels magtig is, deurgaans – onderworpe aan ‘n minimum van 10 passasiers
•    Plaaslike gidse, wat Engels magtig is, in elke stad.
•    Visumgelde vir passasiers met Suid-Afrikaanse paspoorte
•    Reisbeursie per gesin
•    Lughawebelasting, wat tans R4 000 per persoon beloop
Uitgesluit by die prys:

  • Verpligte Reisversekering van R710 per persoon (geldig vir persone onder 69 jaar, maksimum van 15 dae) & verpligte diensfooitjies van VSAD 60 per persoon (betaalbaar in China)
  • Drankies & items van ‘n persoonlike aard
  • Opsionele toere* oorgewig bagasie koste
  • Vervoer na / van OR Tambo lughawe
  • Koerierfooi vir die prosessering van paspoorte R 275
  • Kostes sluit nie in die kamera- en video-kostes by toerisme-aantreklikhede in nie
  • Koerier van finale dokumente na jou deur (slegs in RSA) @ R275 per adres

Om te bespreek of nog inligting, volledige be­­palings en voorwaardes, bel 011- 886-9545, stuur ’n faks na 011-886-9548 of ’n e-pos na Huisgenoot@megatrav.co.za. 

China (11 dae/8 nagte) Navraag vorm

  • Vlugte