Vegter Faf is SA se held

faf


Dit is nou ’n kwessie van: Faf tot die redding!

Die lofliedere stroom in nadat die 28-jarige krieketspeler se kolf ’n groot rol daarin gespeel het dat Suid-Afrika sy toetsreeks in Australië gewen het.

So het ons ons eerste plek op die Internasionale Krieketraad (IKR) se toetsranglys behou.

“Een van die beste vertonings in die krieketgeskiedenis,” het die voormalige kriekethoof dr. Ali Bacher Faf se toetsdebuut vir die Proteas beskryf.