23 Mei 2013
0860-103-686
huisgenoot_inteken@media24.com
Huisgenoot
Teken In Teken in op die digitale uitgawe
Die beste onderhoud vir ’n joernalis is wanneer iemand eerlik is en jy weet die mens voor jou wil jou nie flous nie, maar openhartig vertel hoe hy of sy iets ervaar.
So is Marida Fitzpatrick se onderhoud met die talentvolle akteur Neels van Jaarsveld. Hy beland
te dikwels in die nuus oor sy drinkgewoontes. Oor dié persoonlike stryd vertel hy op bladsy 8. Nie almal sal met hom saamstem nie, maar ten minste speel hy oop kaarte oor hoe hy dit beleef.
♦ Ek dink nie ek kan ’n boervrou wees nie, maar ek het groot waardering vir die plaaslewe. Ek onthou die reuk van krummelpap met gesmelte botter en bruinsuiker kleintyd op oupa se plaas, die Agastoof, warm somermiddae onder die druiweprieel en koue winternagte onder ’n kwilt.
Daarom geniet ek Boer Soek ’n Vrou op kykNET. Kyk op bladsy 20 hoe lyk die hubare boere vir die nuwe seisoen en kry jou inskryfvorm as jy deel wil wees van dié avontuur.
♦ My keuse vandeesweek uit ons aanlynmodewinkel is mooi én dit het baie plek! Gaan na huisgenoot.com en volg die skakel vir nog sulke trefferkopies. Lees ook ons artikel op bladsy 110 oor aanlyninkopies.
Henriëtte





