Bekendes en hul kinders

sarah


Op die verhoog is hulle die prentjie van glans, maar agter die skerms is heelparty van ons gunstelingsterre ook ouers. Hoe handhaaf hulle ’n balans?

Ons het vier singende ma’s gaan vra in die nuutste uitgawe van Huisgenoot-Tempo.

Ons gesels met Veronica Bell, ’n violis in die folk-kwintet Zamar, wie se klein Nika-Ann op 29 Maart vanjaar gebore is.

Dan gaan kuier ons by Chereé wie se eersteling, Taylor-Hope, op 3 Januarie vanjaar gebore is.

Ons loer ook in by Nadine Blom en Sarah Theron en gesels oor moederskap en die uitdagings wat ‘n glanslewe bring.

“Ons lewe is nie anders omdat ek bekend is nie. Divas hoort op die verhoog, nie in die voorhuis nie! Tuis is ek ’n huishen.

“Ons kyk saam DVD’s of luister musiek, maar weliswaar elkeen met sy eie oorfone op. Myne speel Harry Connick, Jr. en Shirah luister na die Jonas Brothers,” vertel Sarah.

(Chereé en Taylor-Hope)

Lees meer en sien baie meer foto’s in die nuutste uitgawe van Huisgenoot-Tempo. 

Volg Huisgenoot op Twitter.