CD: Altus Theart – Althus Theart

cd_altus


Ons dink: 1/5

Ons ken Altus Theart as ’n akteur in rolprente soos Getroud met Rugby en Bakgat, maar op sy debuutalbum is daar geen kameras of grimering nie. Dis net sy stem en die mikrofoon.

Dis ’n lekker pop-album met energieke snitte soos Sonder Jou, So Verlief en As Jy Inval, wat goed sal vaar op die dansbaan.

Daar is ongelukkig min variasie; al 12 liedjies klink byna dieselfde. Altus se stem is ietwat eentonig en by tye raak dit selfs skril.

Dit wil jou byna laat tande kners wanneer hy Nog ’n Kans sing.

Moenie iets uitsonderliks van hierdie album verwag nie, maar luister daarna as jy ’n aanhanger van hom is.