CD: Civil Twilight – Holy Weather

CD-civil


Ons dink: 4/5

Dié Kaapse groep het hulle in Nashville tuisgemaak ná hul sukses met hul debuut-album van 2009. Van die snitte op daardie album het in TV-reekse soos The Vam­pire Diaries opgeklink.

Hul opvolgalbum het klaar die treffer Fire Escape opgelewer en dit word gereeld oor radiostasies gehoor. Spits ook jou ore vir Every Walk That I’ve Ever Taken Has Been in Your Direction en Doorway.

Holy Weather is ’n interessante meng­sel van indie-rockstyle.

Amerikaanse resensente het Civil Twilight al met groepe soos Muse vergelyk en hul hoofsanger, Steven McKellar, met U2 se Bo-no. Die moeite werd.

Volg Huisgenoot op Twitter.