CD: Jake White – Blunderbuss

Cd_jake_white


Ons dink: 4/5

Hy het al saam met The White Stripes, The Raconteurs en The Dead Weather opgetree en nou het hy eindelik ’n soloalbum uitgereik.

Vir die eerste keer kan jy Jack White op sy suiwerste ten volle ervaar. Dis ongelooflik vindingryke rock, dié kitaarspeler wat met sy gevoelvolle stem hoë note bereik en sy slag as pianis wys.

Hy bemeester verskeie style: Sixteen Saltines kan vir ’n koel nuwe snit van The White Stripes aangesien word, Love Interruptionis ’n pragtige duet met Ruby Amanfu en I’m Shakin’ ’n smeulende snit in die Motown-styl.

Pret van begin tot end.

Volg Huisgenoot op Twitter.