CD: Kaptein se Platinum treffers – Kurt Darren

kurt12


Kurt Darren se dubbel-CD-versamelalbum is vol van die kaptein se grootste treffers oor sy dekade lange loopbaan.

Al die ou gunstelinge is daar: die einste Kaptein (Span die Seile), Loslappie, Hemel op Tafelberg, Af en Af – dis pure plesier.

Daar is ook van Kurt se Engelse snitte, soos die ballade Standing on the Edge en Sunday.

Die dubbelalbum het ook ses splinternuwe liedjies. Dit sluit in Lekkerbekkie en Hierdie Song Is vir Jou, wat al klaar baie gewild is.

Volg Huisgenoot op Twitter.