CD: Leandie Lombaard – Leandie Lombaard



Leandie Lombaard (18) se debuutalbum, met haar naam as titel, is regte pop.

Die snitte is meestal Europese treffers wat deur haar en haar pa, Johan, vertaal is. Nie al die snitte is ewe suksesvol nie.

Die snit Twilight Droom oor die Twilight-flieks herinner jou aan die musiek van Rebecca Black, die Amerikaanse internetsensasie wat volgens sommige kritici doodgewoon lagwekkend is.

Die duet met Richard van der Westhuizen, Pa Se Kind, is wel ’n juweel op die album.

Meer daarvan, asseblief!

Volg Huisgenoot op Twitter.