SMS EN WEN: Vyf lesers kan elk ’n kopie van My Hart wen. SMS die woordNIANELL, jou antwoord, naam en adres voor 12 Julie om 17:00 na 34922.
Elke SMS kos R1,50. Vraag: Watter liedjie van 2010 se Huisgenoot-Liedjieskryfkompetisie het Nianell getoonset? Die borg is verantwoordelik vir die verskaffing van die pryse binne ‘n redelike tyd.
To the Edge en Jy sal jou skoon hoendervleis gee, maar die wensnit is Die Oomblik Is Nou.
’n Mens kan nie anders as om opnuut verlief te raak op haar nootvaste, klokhelder stem nie. Die album bevat twee bonussnitte, ’n konsertopname van Miracles en Wense, wat sy in 2010 vir die Huisgenoot-Liedjieskryfkompetisie getoonset het.
Die album wys net weer hoekom Nia so gewild is. As jy nog nie ’n aanhanger is nie, kan jy maar ’n kans waag met hierdie een. En as jy ’n aanhanger is, behoort dit lankal op jou CD-rak te wees.








Powered by Facebook Comments