CD: Robbie Klay – Amazing

cd-george


Ons dink: 2/5

Moenie dat dié album se  Engelse naam jou afskrik nie. Nege van die 14 snitte op Robbie Klay se nuwe CD is Afrikaans. Maar moet ook nie te veel verwag nie.

Robbie se stem is nie buitengewoon nie, en die liedjies is ’n bietjie soos spookasem: Jy eet en eet, maar word net nie versadig nie.

’n Mens moet die sexy sanger bewonder vir sy deursettingsvermoë. Hy was al meer in die nuus weens sy persoonlike lewe as sy sangtalent, en ’n mens wil graag saam met hom hoop dat hierdie album gaan hond haaraf maak.

Moet jy dit koop? Net as jy van spookasem hou . . .

Volg Huisgenoot op Twitter.

Soek jy ‘n winskopie? Kry hierdie produk teen die beste prys. KLIK HIER