CD: Theuns Jordaan – Roeper

cd-theuns


Ons dink: 5/5

Die “rasperstem” is terug met ’n nuwe album. En as Theuns Jordaan se musiek roep, luister jy.

Al is die album pas uitgereik, bestyg dit klaar die trefferparade en ons kan verstaan waarom. Dis moeilik om jou gunsteling onder die 15 snitte te kies, maar Roeper van My Hart het treffende lirieke en gaan waarskynlik die volgende groot treffer wees.

Lank nadat jy na die album geluister het, bly dit jou nog by.

’n Briljante vertolking van Bitterbessie Dagbreek is kos vir die siel en een van die bestes nog. Die interessante jazzklanke maak dit enig in sy soort.

’n Speelse duet met Dr. Victor, Wie Se Kind Is Jy?, bring ’n ander sy van Theuns na vore. Sorg dat jy hierdie album kry, want dis al waaroor aanhangers lank gaan praat.

Volg Huisgenoot op Twitter.