CD: Verskeie Kunstenaars – 100 Oorspronklike Afrikaanse Treffers Vol 5

cd_1000


Sjoe, omtrent elke groot kunstenaar in die Afrikaanse musiekbedryf is op dié vyfde versamelalbum te hoor.

Daarop kry jy alles: van meer onlangse treffers soos Kurt Darren se Hierdie Boer Soek ’n Vrou en Bakke Vol Liefde deur Sarah Theron, tot immergroen snitte soos Sonja Herholdt se Ta’ Mossie se Sakkie Sakkie Boeredans.

Al sal die album jou ure se luistergenot verskaf, is daar te veel onbekende snitte op, soos Grootverlang van Kari, Yoti se My Eie Melodie en Divvy se Sal Jy My Meisie Wees.

Danksy die goue oues is dit tog die moeite werd om die album te koop.

Volg Huisgenoot op Twitter.

Luister gerus hier na ‘n immergroen goue oue