Gepubliseer op 15/6/2012 in Tempo, Tempo-artikels
CD: Verskeie Kunstenaars – Vanfokkingtasties
Ons dink: 4/5
Hier snoer aKing, Die Heuwels Fantasties, Van Coke Kartel en Fokofpolisiekar hul kragte saam. Daar is nou wel minder van elk te hoor, maar ’n pluspunt is dat elke groep ’n nuwe liedjie bygedra het.
Dagdronk van Fokofpolisiekar is die ander ’n tree voor met ’n lieflike refrein.
Die getal snitte is eweredig tussen die groepe verdeel, maar jy kry ’n dubbele dosis van Francois van Coke met dié dat hy ’n lid is van Van Coke Kartel en Fokofpolisiekar.
As jy nie ’n aanhanger is nie, kan dit een te veel wees. Dis nogtans ’n puik viering van Suid-Afrikaanse musiektalent.







