CD: Wynand Strydom – Oseaan se Blou

cd-wynand


ié uitreiking is dubbel­lekker. Dis nie net omdat dit ’n dubbel-CD is nie: Die liedjies is goed en die produksieghalte hoog, met goeie instrumentaliste en oorspronklike musiek.

Wynand se stem is soos ligte donderweer: diep maar vertroostend. Wanneer jy dit hoor, wil jy luister. En hy kry dit reg met al 13 snitte, waarin hy sing oor kwessies soos die liefde en Afrikanerskap.

Of daar ’n uitstaantreffer op die album is, sal die tyd leer, maar die duet met Gerhard Steyn, My Lief, laat ’n mens se hart warm klop. Luister ook na die titelsnit en Vlam in My Hart.

En met die woorde van Vasgevang in My sal menige minnaar ’n geliefde se hart kan steel. Hierdie album (die bonus-CD bevat ou treffers van Wynand) is die regte medisyne as jy wil van die klappe van die lewe wil vergeet. Dis salf vir die siel.

Volg Huisgenoot op Twitter.