Sang is in die Bothas se bloed

botha


By die braaivleisvuur gryp Christiaan Botha met sy braaitang speels ’n stuk vleis wat sy ouboet Burgerd oor die kole braai; by die potspeltafel wag hy tot Burgerd na ’n bal mik en krap dan sy broer se hare deurmekaar.

Maar wanneer Burgerd (24) hom raad gee oor sang, kitaarspeel en hoe om gehore te betower, los Christiaan (21) sy streke en is hy die ene ore.

Burgerd is immers ’n ou hand in die musiekbedryf en Christiaan ’n nuwe ster op ons musiekhorison.

Burgerd sing al drie jaar lank in Romanz,daardie groep ouens wat jou met hul ongelooflike stemme en aandpakke bekoor. Onder hul treffers is Ti Amo en Reik na die Sterre.

Christiaan is die hoofsanger van die nuwe Afrikaanse poprockers NRG (’n mens spreek dit uit “energie’’).

 

“Brr, dis koud hier,” kla Burgerd waar hy in die sonnetjie by sy ouerhuis in Brits in Noordwes staan. Sy pa, Bert, is ’n ortodontis en ma Manda was ’n hoërskoolonderwyser.

Ouma San en oupa Pieter, Manda se ouers, kuier saam. Hulle is duidelik trots op hul kleinseuns.

“Ek het in Monaco gewoond geraak aan baie hitte en humiditeit,” sê Burgerd, wat skaars terug is van die sprokiestroue van die Suid-Afrikaner Charlene Wittstock met prins Albert. Romanz het op die onthaal gesing.

 

Lees die res van die onderhoud in die nuutste uitgawe van Huisgenoot-Tempo.

Volg Huisgenoot op Twitter.