Album van die week: #Dishoeonsrol deur Jay

47012058_0_Img2


Wat ’n heerlike sokkie-CD is dit nie! Die veelsydige Jay weet presies wat werk, en sy aanhangers sal oor en oor na hierdie splinternuwe musiekvonds wil luister. Dit skop op ’n hoë noot af met die voetestamp-snit Dis Hoe Ons Rol. Dan moet jy snesies uithaal vir Waar Is Jy Nou. Later kan jy jou dansskoene gryp en saamjol op maat van die gewilde Superhero (met Eden) en Bonnie en Clyde (met Lianie May). My grootste gunsteling is Sal Ons Ooit Weer Kan Slaap saam met Steve Hofmeyr. Wat ’n snit! En jip, daar is selfs ’n liedjie vir Blou Bul-aanhangers. Genugtig, man, waarvoor wag jy nog? Koop hierdie een dadelik, want Jay kan, en dis hoe hy rol. Ons dink 4/5

Hier is ‘n voorsmakie…

 

– HAIDEE MULLER (RSG)