Album van die week: Jy het my gevind deur Liza Brönner

0002952574_500


Mense wat kla dat hulle nie sangers se woorde kan hoor nie, sal geen probleem met Liza Brönner hê nie. Met haar soetdogtertjie- stemmetjie spreek sy elke lettergreep baie mooi uit. Sy het onlangs die werklikheidsreeks Jy Is My Liefling op kykNET gewen, maar is geen nuweling in die musiekbedryf nie. Ongelukkig bied die album niks nuuts nie. Sy sing mooi, maar die meeste liedjies klink of dit deur ’n Taylor Swift-album van 2007 geïnspireer is. Liza het nietemin talent en aanhangers sal beslis dié album geniet. Ons dink 3/5

– NAUDÉ VAN DER MERWE

Ons prys by kalahari.com R109.18