Boek: Nora Ephron – I Remember Nothing

i-remember-nothing-norah-ephron


Die skrywer van draaiboeke vir bekende flieks soos When Harry Met Sally, Sleepless in Seattle en Julie & Julia takel in hierdie essays die onvermydelikheid van oud-word.

Sy is nou 70 en neem die leser op ’n fassinerende reis deur haar lewe vandat sy haar loopbaan in ’n koerant se poskamer begin het.

Dis maar waar ’n vrou destyds beland het, al het sy ’n graad gehad.

Die interessante essays behandel verskillende fasette van haar lewe en sy deel haar sienings, soos waarom sy omelette haat wat net van eierwit gemaak word, kwistig.

Sy gee ook ’n lys van dinge wat sy sal mis wanneer sy dood is.

Dit word vertel in Nora se tipiese humoristiese styl en laat ’n mens voel asof jy na ’n goeie vriendin sit en luister. Dit voel net asof die boek te vinnig by sy slot uitkom en ’n jy wens daar was net nog ’n paar bladsye.
I Remember Nothing deur Nora
Ephron A Knopf, R215
Ons dink: 3/5