Fliek: Ice Age 4: Continental Drift

fliek-iceage


Ons dink: 3/5
Animasiekomedie.
Met die stemme van Jennifer Lopez, John Leguizamo en Ray Romano.
Regisseurs: Steve Martino en Mike Thurmeister.
O.
Begin op 27 Junie.

En daar begin die hele kaboedel avonture van voor af. Nes jy gedink het ons maats wat die Ystyd oorleef het, bly in rus en vrede, skuif ’n vasteland en daar trek hulle op ’n nuwe avontuur weg.

In hierdie jolige, uitbundige animasiekomedie met meestal uitgestorwe diere, tref die ys weer die fên. Die akker wat al soveel drama veroorsaak het, is dié slag verantwoordelik vir ’n rampspoedige skeuring wat snaakser is as enige van die voriges.

Die ysberg waarop die vriende ronddryf, word gekaap deur seerowers met ’n grieselrige gorilla in beheer. As hulle die kataklismes oorleef, sal die seerowers ’n einde aan hul lewe maak.

Daar is meer jaagtogte, seldsame diere, oordrewe avonture en komiese misverstande as in enige vorige hoofstuk in die sage. Ouers kan gerus wees: Die kleinspan sal 90 minute lank vasgenael bly.

Aanbeveel as die kinderfliek van die week!

Volg Huisgenoot op Twitter.