TV-gids Dinsdag 1 Oktober 2013

Under the Dome


Wat is vanaand op die kassie?

17:30 5 Sterre met Reuben (kykNET): Die sjef Reuben Riffel maak amandelforel, aspersies met kruiebotter en gebakte pienk soet patat vir hoofgereg. Vir nagereg is daar sjokolade crème brûlée. Hy wys ook hoe om vis te ontvel.

18:00 Two and a Half Men (M-Net): Walden begin werk as ’n Kersboomverkoper en kry ’n biljoendollar-aanbod van Facebook se medestigter Mark Zuckerberg.

19:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nes klere, kom en gaan kosmodes ook. Nataniël wonder wie besluit hieroor en maak sy eie lys kos wat in die mode behoort te wees en dié wat liewer moet verdwyn.

20:00 Donkerland (kykNET): Dis die jaar 1948 en die Groot Depressie se swaarkry is verby. Die Afrikaners staan sterker as ooit en is gereed om hul eie republiek uit te vaardig. Ouboet is die enigste De Witt-man oor op Donkerland en neem sy suster Thea se seun, Piet-Jan, onder sy vlerk om eendag baas van die plaas te wees.

20:05 Under the Dome (M-Net): Die eerste seisoon eindig. Dubbele episode. Terwyl Big Jim die dorpenaars oortuig om Barbie in hegtenis te neem vir sy beweerde misdade, skuif Joe en Norrie die mini-koepel.

*20:30 Hot in Cleveland (SABC3): Drie beste vriende is op hul droomreis na Parys. Die vliegtuig ondervind turbulensie en moet ’n noodlanding in Cleveland maak.

* Weens onvoorsiene omstandighede sal Revenge nie vanaand op SABC 3 uitgesaai word nie.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.