Kos en raad kom saam in opwindende nuwe realiteitsprogram

Het jy iets op die hart wat jy graag vir iemand wil sê, maar jy voel die regte oomblik is net nooit daar nie?

Soek jy ‘n kans om jammer te sê, dankie te sê, jou ware gevoelens te verklaar, ensovoorts? Wel, hier is ‘n plan.

Media24 maak ‘n nuwe TV-program waar ‘n verhoudingskenner jou kan help om jou kop en woorde reg te kry vir die groot oomblik. Boonop gaan sy jou ook help om ‘n droom-maaltyd te skep vir die geleentheid.

Mans en vroue tussen 21 en 45 wat in die Wes-Kaap woon kan iskryf.

Stuur vir ons ‘n kort beskrywing van jouself en die persoon aan wie jy die boodskap wil oordra, plus ‘n foto, aan inskrywings@afrokaans.co.za.

Inskrywings sluit 10 September 2015.