Wen Danie Smuts se Boererate-boek!

boererate


Boererate het ’n gesogte versamelaarsitem geword sedert die aanvanklike publikasie in 1989.

Derduisende versoeke op die internet vir tweedehandse eksemplare het ’n heruitgawe ’n móét gemaak. Nou is dié Afrikaanse skat weer beskikbaar!

Boererate is Danie Smuts se versameling van tradisionele mediese rate wat vir allerlei kwinte en kwale voorgeskryf is.

Die oorsprong van dié boererate is nie 100% duidelik nie, maar dit word teruggevoer na oorlewering, waarnemings, ondervinding, mites, godsdiens en selfs toorkuns. Behandeling gaan dikwels gepaard met die uitvoer van skreeusnaakse rituele.

’n Byna vergete era in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis word
in herinnering geroep deur dié vreemdsoortige advies.

Byvoorbeeld – Die volgende stappe word aanbeveel om griep te bekamp:

  • Plaas ’n bottel whiskey en ’n glas saam met ’n brandende kers langs jou bed.
  • Klim in die bed, maak seker jy lê onder baie komberse, en begin geleidelik aan die whiskey teug.
  • Sodra jy twee kerse begin sien, sit die glas neer, plaas die prop terug op die whiskey-bottel, blaas al twee kerse dood en gaan slaap. ’n Waarskuwing vergesel dié raat: Dat die griep binne 24 uur sal verdwyn, is gewaarborg, maar jy mag dalk ’n hoofpyn hê.

Sommige rate dateer terug na ’n tyd toe Afrikaans nog in sy kinderskoene gestaan het en daar nog nie duidelike taalreëls was nie.

Danie Smuts was tot en met sy dood in 2003 een van die gewildste radio- en TV-persoonlikhede in Suid-Afrika.

Boererate se voorgestelde prys is R250 en is by meeste boekwinkels te koop.


Drie gelukkige mense kan elk ‘n kopie van Boererate wen!


Vul net jou inligting hieronder in om in te skryf:

Bepalings & Voorwaardes

  1. Die kompetisie sluit 9 Maart 2015, om 17:00.
  2. Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.
  3. Die wenner sal lukraak gekies word en gekontak word.
  4. Die kies van die wenners is finaal en daar sal geen korrespondensie daaroor gevoer word nie.
  5. Die prysborg is verantwoordelik vir die aflewering van die pryse.
  6. Deur in te skryf vir hierdie kompetisie word jy outomaties geregistreer om ons nuusbrief en ander spesiale aanbiedinge via e-pos te ontvang.
  7. Werknemers van Media24 en verwante sake-eenhede mag nie aan die kompetisie deelneem nie.