Wen ‘n luukse naweek vir twee in Knysna!

usepic2


BAIE GELUK aan Barbara-Ann Verwey Nagel, ons gelukkige leser wat ‘n bederfnaweek vir twee in die Protea Hotel Knysna Quays in die hartjie van die Tuinroete gewen het!

Dit staan nie verniet bekend as een van die perfekte vakansiebestemmings nie. Die stylvolle hotel is aan die Knysna Quays Waterfront geleë. Dis uiters gerieflik en boonop ideaal vir plesier sowel as besigheidsreisiger.

Geniet ‘n uitsig oor die warm Indiese Oseaan terwyl jy heerlik ontspan in ruim kamers wat ook uitsigte bied oor die betowerende Knysna-meer, geskiedkundige treinstasie of die dorp.

Die Protea Hotel Knysna Quays se geriewe sluit onder meer in ‘n verhitte buite-swembad, ‘n gesondheidsterapeut wat verkwikkende masserings bied en ‘n unieke maaltyd-ervaring met ‘n keuse tussen vyf restaurante wat in die Waterfront geleë is.

DIE PRYS
Jy kan ‘n naweek vir twee wen in ‘n kamer wat oor die meer uitkyk, ontbyt en aandete ingesluit. Jul eerste aandete sal by een van die vyf gekontrakteerde restaurante op die Knysna Waterfront plaasvind.

Jul tweede aandete sal aan boord van die Paddle Cruiser plaasvind, die enigste veerboot in Suid-Afrika wat met ‘n vier-ster restaurant aan boord spog.

Die wenner is verantwoordelik vir eie vervoer en persoonlike uitgawes.

NEEM SÓ DEEL
SMS die woord KNYSNA, gevolg deur jou naam en van na 34922 voor 17:00 op Vrydag, 2 Maart 2012. Elke SMS kos R1,50. Die borge sal die wenner kontak. Jy kan soveel keer deelneem as wat jy wil.

KLIK HIER of gaan na www.proteahotels.com/protea-hotel-knysna-quays.html vir meer inligting oor die hotel en omgewing.

Bepalings en voorwaardes: Die kompetisie sluit om 17:00 op Vrydag, 2 Maart 2012. Die wenner sal lukraak getrek word en die aanwys van die wenner is finaal. Wenner moet bereid wees om sy/haar naam en foto te publiseer indien versoek. Die borg sal die wenner kontak. Die prys is nie oordraagbaar nie en mag nie vir kontant geruil word nie. Personeel en hul onmiddellike familie van Media24 en die borg mag nie deelneem nie. Jy moet die geregistreerde eienaar van die selfoon wees wat gebruik word vir deelname aan die kompetisie. Indien nie, moet jy die eienaar se toestemming daartoe hê. Elke SMS kos R1,50. Media24 en die borg aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige skade wat uit deelname aan die kompetisie mag voortspruit nie.